Wag Geduldig  (1)
22 October 2025

Wag Geduldig (1)

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Klaagliedere 3:25-26 Die Here is goed vir hulle wat op Hom wag en Hom soek. Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red. (NLV) 

Het jy al daaraan gedink hoeveel van jou tyd verlore gaan omdat jy moet wag? Soms moet jy by die verkeerslig wag en soms moet jy op 'n wonderwerk van God wag. Ja, my vriend, of jy daarvan hou of nie, dit is ‘n feit van die lewe - ons spandeer baie tyd terwyl ons wag. So, hoe rustig wag jy?

 

Ja, dis nogal 'n ongemaklike vraag. Hoe goed hanteer jy dit wanneer jy moet wag? Die antwoord is alte dikwels ... nie so goed nie. Dink aan die situasie: Jy is volgende in die ry by die supermark se betaalpunt. Jy het hierdie tou gekies omdat die vrou voor jou nie baie items het nie, maar dan ... is een van haar items nie in hulle stelsel nie. Hulle moet eers die prys gaan kontroleer. Ag nee, tog! Intussen maak die volgende betaalpunt oop en iemand wals reguit in en word onmiddellik bedien. Maak dit jou nie sommer de hoenders in nie? 

 

Natuurlik is dit nie regtig die dood van Katryn nie, maar tog... Wat van daardie persoon op hul tweede rondte chemoterapie, wat vir sy resultate wag? Of die oupa wat in die hof by sy eiesinnige kleinseun, wat van sy ouers vervreem is, moet sit en wag? 

 

Dit kan moeilik wees. So hoe wag jy? Wag jy ten spyte van jou omstandighede met geduld, met vrede, met stille versekering?

 

Klaagliedere 3:25-26 Die Here is goed vir hulle wat op Hom wag en Hom soek. Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red. (NLV)

 

Ons wag alte dikwels op 'n antwoord daar buite; in plaas daarvan om op God te wag. En laat ek jou vertel, alles verander wanneer jy eerder op God wag, want … Die Here is goed vir hulle wat op Hom wag en Hom soek. Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red

 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY