Totaal Oorgegee
28 August 2025

Totaal Oorgegee

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Galasiërs 2: 19b, 20... Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf. (NLV) 

“Oorgawe” is 'n woord wat 'n hele klomp negatiewe konnotasies meebring. En tog kan oorgawe 'n magdom voordele en seëninge wat ons nooit kon voorsien het nie, meebring.

Kom ons kyk na die gevolge van die twee atoombomme wat Amerika op Japan laat ontplof het. Dit het immers hul betrokkenheid by die Tweede Wêreldoorlog beëindig.

Dit was verskriklik en het baie lewens geëis, maar Japan se oorgawe, het 'n tydperk van intense heropbou onder Amerikaanse leiding ingelui. Die besetting het demokratiese hervormings, ekonomiese hulp en toegang tot nuwe tegnologieë gebring, wat Japan binne dekades van 'n oorloggeteisterde nasie in een van die wêreld se voorste ekonomieë omskep het. Japan se na-oorlogse herlewing is inderdaad ‘n merkwaardige voorbeeld van seëninge wat op oorgawe gevolg het.

 

En 'n volledige oorgawe van ons lewens aan Jesus, bring selfs groter seëninge.

Galasiërs 2:20 Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf. (NLV)

Dit spreek van ‘n volkome en algehele oorgawe –  Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Oorgawe word nie méér radikaal en méér volledig as dit nie.

Ek was onlangs by 'n kerkdiens waar hierdie gebed gebid is – 'n gebed van totale oorgawe aan Jesus. 'n Gebed wat sonder twyfel groot seën in baie lewens sal bring:

Mag die Here Jesus ons gedagtes neem en daardeur dink; ons hande neem en daardeur seën; ons monde neem en daardeur spreek; ons gees neem en daardeur bid; en bowenal, Here Jesus, ons harte neem en daardeur liefhê, sodat dit U is wat in ons leef en werk. Ons vra dit in die Naam van Jesus Christus, ons Here. AMEN.

Die Christelike lewe is 'n lewe van oorgawe.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY