
Send us a text
Deuteronomium 8:17-18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. (NLV)
Die lewe is ‘n fees! Ja, dis ‘n fees wanneer alles vir weke of maande sommer klopdisselboom loop: jou finansies; jou gesondheid, jou familie en jou verhoudings. Alles verloop seepglad. Fantasties!
Toemaar, ek besef dat dit dalk nie altyd vir jou voel asof jy in een van daardie mooi, warm, sonnige situasies verkeer nie. Dit lyk vir jou asof daar altyd die een of ander ding is wat jou vrede versteur, nè?
Maar wanneer die lewe wonderlik is, wanneer dit goed gaan, is daar 'n risiko – 'n groot risiko – dat jy selfvoldaan sal raak. As jou finansies redelik goed gaan, is dit maklik om deur jou positiewe bankbalans opgebeur te word. As jou gesondheid regtig goed is, voel jy selfversekerd en selfvergenoegd.
Die uitbundigheid van 'n goeie lewe kan alte maklik verander in 'n selfvoldane trots. Maar wat gebeur wanneer die onweerswolke opsteek en jou bootjie begin onbeheers op die oopsee ronddobber?
God het Israel oor hierdie gevoel van selfvoldaanheid gewaarsku. Hy het hulle deur Moses voorberei om die Beloofde Land in te neem.
Deuteronomium 8:17-18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. (NLV)
Moet dit nooit vergeet nie. Elke goeie ding in jou lewe kom van Hom af. Hy is die Een wat voorsien het; Hy is die Een wat dit moontlik gemaak het; Hy is die Een wat jou geseën het. Eer God op jou beste dag ... want Hy sal beslis by jou wees op jou slegste.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY