
Send us a text
Psalm 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.
Hoe ons onsself sien, het 'n massiewe impak op ons lewens. Dink net aan die stories wat ons vir onsself vertel oor waar ons in die groter prentjie inpas; die vergelykings wat ons tussen onsself en ander tref en hoe ons oor ons vorige mislukkings en huidige swakhede dink. Ja, dit beïnvloed ons vlak van geluk, dit is deurslaggewend in ons verhoudings en dit bepaal ook in watter mate ons ons potensiaal bereik. Stem jy nie saam nie?
As ek 'n Rand gehad het vir elke keer wat ek nie na my ouers geluister het nie; elke keer wat ek hulle teleurgestel het; elke keer wat ek nagelaat het om hulle te eer - sê ek vir jou, ek sou ‘n ryk man gewees het! Wat van jou? Maar, kan ek jou vertel dat, ten spyte van my gebrek aan respek en my swak gedrag van toentertyd, wou my 93-jarige moeder op haar sterfbed, net vir een persoon sien, vir my.
Al was sy amper twee weke bewusteloos, het sy op die dag voor haar dood haar bewussyn herwin en na my gevra. Dit laat ‘n mens regtig weer ‘n keer mooi dink aan die krag van liefde, en vergifnis nè?
Wanneer ons van dag tot dag voortgaan om so verskriklik op onsself te fokus; óf ons nou goeie dinge doen, óf foute maak; en of ons besluit hoe goed of sleg ons teen ander afsteek, en waar ons nou eintlik op die leer van belangrikheid inpas; is dit so maklik om die liefde wat ons omring, uit die oog te verloor.
Koning Dawid getuig dat God getrou gebly het, ten spyte van die verskriklike foute wat hy gemaak het:
Psalm 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.
Weet jy, ek dink God se vergifnis en getrouheid is iets waaraan ons almal gereeld herinner moet word. Miskien is jy iewers op jou lewenspad deur iemand verwerp? Of miskien voel jy dat jy nog nooit heeltemal jou volle potensiaal bereik het nie? Maar onthou dit:
Here, U is goed vir al u kinders wat tot U bid. U vergewe maklik. U het u kinders baie lief. As hulle na U roep om hulle te help, antwoord U gou.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY