Onregverdig Gestraf
06 October 2025

Onregverdig Gestraf

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Romeine 8:35-37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 

In ‘n volmaakte wêreld sal alles regverdig wees. Goeie mense sal vir goeie dade beloon word. Slegte mense sal vir slegte dade gestraf word. Alles sal wees soos dit behoort te wees. Maar weet jy, ons leef nie in ‘n volmaakte wêreld nie en die lewe is nie altyd regverdig nie.

Vandag, 489 jaar gelede, is William Tyndale tereggestel omdat hy die Bybel uit Latyn na Engels vertaal het. Sy harde werk is deur die godsdienstige leiers as 'n uitdaging vir die gesag van die kerk beskou. Hy is verwurg en toe op ‘n brandstapel naby Brussels in België verbrand.

Tyndale se laaste opgetekende woorde was 'n gebed: Here, open die oë van die Koning van Engeland. Dit was 'n pleidooi vir Henry VIII om die Bybel vir die gewone mense in hul moedertaal toeganklik te maak.

Dit is heeltemal ondenkbaar dat Tyndale se teregstelling deur die hande van die kerkleiers plaasvind het; maar daar het jy dit. Goeie mense word soms vir goeie dade gestraf. As ons die horlosie terugdraai na die 1ste eeu n.C., sien ons wat die apostel Paulus skryf nadat hy self verskriklike vervolging verduur het:

Romeine 8:35-37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

Watter onreg ook al oor jou pad mag kom, hoeveel dit jou ook al mag kos, onthou: niks en niemand kan jou van die liefde van Christus skei nie. Niks!

Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY