
Send us a text
Spreuke 30:8-9 [God] moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: “Wie is die Here?” nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.
Hoe meer geld ons het, hoe moeiliker word dit om te onderskei tussen ons begeertes; dit wat ons wil hê, en ons behoeftes; dit wat ons regtig nodig het. En ongelukkig kan daardie begeertes op 'n stadium tot ons ondergang lei.
Vroeg in die 19de eeu was Napoleon behep met die uitbreiding van die Franse ryk. Hy het ten spyte van die waarskuwings oor onmoontlike praktiese uitdagings, Rusland binnegeval. Daardie begeerte na oorheersing het gelei tot 'n rampspoedige nederlaag, toe die strawwe winter en die gebrek aan voorrade sy leër byna uitgewis het. Napoleon se persoonlike ambisie om mag te bekom, het hom blind gemaak vir die behoeftes van sy soldate, en dit het uiteindelik tot sy eie ondergang gelei.
Het jy al gewonder oor situasies in jou lewe waar jy jouself oortuig het dat 'n begeerte van jou, eintlik 'n behoefte was? En hoe het dit vir jou gewerk? Ek dink ons het almal al spyt gehad dat ons in daardie slagyster getrap het. Baie van ons kan sekerlik terugdink daaraan en wens dat ons nie onsself bedrieg het nie. Die gevolg daarvan was miskien dat ons daardeur skuld aangegaan het, of dalk verhoudings verwoes het...
Maar hier is goeie nuus. God wil nie hê jy moet ooit weer in daardie strik trap nie. En ek glo dat die krag van sy Woord vandag vir jou tot ander insigte sal bring, wanneer dit kom by jou begeertes teenoor jou behoeftes.
Spreuke 30:8-9 [God] moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: “Wie is die Here?” nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.
My vriend, dit maak nie saak hoe sleg dinge vir jou mag lyk nie, God sal altyd in jou behoeftes voorsien. Maar Hy het jou te lief om aan jou begeertes te voldoen, want as Hy jou te veel gee, kan jou trots jou verteer.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY