Moenie Jou Tweede Kans Weggooi Nie
27 November 2025

Moenie Jou Tweede Kans Weggooi Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

1 Petrus 2:24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. 

Stel jou vir 'n oomblik voor dat iemand 'n orgaan in ‘n oorplanting ontvang wat hul lewe red. Wonderlik. Maar dan, ná die operasie, gaan hulle voort met dieselfde leefstyl wat veroorsaak het dat hul eie orgaan in die eerste plek ingegee het. Nie baie slim nie, of hoe?

Wel, is alle mense op hierdie aarde slim? George Best was 'n bekende Ierse sokkerspeler wat in 2002 'n leweroorplanting ondergaan het as gevolg van ernstige lewerskade wat deur alkoholmisbruik veroorsaak is.

Tog, ten spyte van hierdie tweede kans, het hy kort daarna weer begin drink en hy is net drie jaar later as gevolg van veelvuldige komplikasies, tragies oorlede.

Jy hoef nie te lank te bespiegel oor sy dood om tot die gevolgtrekking te kom dat sy voortgesette alkoholmisbruik absoluut onnosel was nie. En tog wonder ek of ons nie ook soms dieselfde doen nie.

1 Petrus 2:24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.

Jesus het doelbewus sy lewe opgeoffer om ons van ons sonde te genees. Hy het ons skuld uit die weggeruim; dit beteken dat, omdat Jesus vir ons gely het, ons nie self vir ons sonde gaan betaal nie; en daarom kan ons in gehoorsaamheid aan die wil van God lewe.

Waarom sal ons, nadat ons een keer gered is en 'n tweede kans op die lewe gegee is, na die sonde wil terugkeer? Wil ons regtig soos George Best wees en Russiese roulette met ons ewigheid speel?

Charles Spurgeon het gesê: Sonde het ons Verlosser doodgemaak; hoe kan ons op vriendelike voet daarmee leef?

Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY