
Send us a text
Johannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
Hier is vir jou 'n verstommende feit: meer as 150 miljard teksboodskappe word daagliks deur boodskapplatforms – soos SMS, Facebook, Messenger, iMessage, WhatsApp, WeChat, Telegram, Signal en dies meer, wêreldwyd gestuur. Dis 55 triljoen per jaar. Verstommend, nè! Ja, ek weet, hierdie boodskappe is wonderlike tegnologiese hulpmiddels; dis vinnig; dis gerieflik ... totdat dit dalk te vinnig en te gerieflik is...
Vriende van my is onlangs met 'n lewensbedreigende situasie in hul familie gekonfronteer. Hulle het onmiddellik hulle eie kerk laat weet, sodat hulle kon bid. In reaksie hierop het hulle oor die daaropvolgende weke 'n handvol teksboodskappe ontvang, maar niemand het hulle op enige wyse bygestaan nie. Niemand het eers gebel om te gesels nie!
Dit behoort jou nie te verbaas om te hoor dat hulle heeltemal verlate gevoel het deur hul sogenaamde kerkfamilie se onbetrokkenheid nie. Hoekom nie? Is dit die vlak waartoe liefde in hierdie dag en eeu afgedaal het?
Kontrasteer dit nou met God se benadering tot sy liefde vir ons.
Johannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
Sien jy, God het nie 'n teksboodskap gestuur nie! Hy het nie eers op die krag van Sy Woord, die Bybel, staatgemaak nie. Nee, God het sy eniggebore Seun in vlees en bloed gestuur!
As daar een ding is oor die soort liefde waarvan God praat, is dat dit prakties is. Ja, my vriend, ‘n teksboodskap sonder praktiese betrokkenheid, is nie liefde nie!
Wie in jou lewe het op die oomblik vir jou nodig om 'n telefoonoproep te maak; of wat van 'n koffie-afspraak; of om by hulle huis op te daag; of beter nog, by hul voordeur met 'n maaltyd in die hand op te daag?
Nee, liefde skuil nie agter 'n teksboodskap nie. Liefde verskyn!
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY