
Send us a text
Matteus 7:3-5 “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.
Mense is darem snaakse wesens, nè? Aan die eenkant smag ons na nabyheid, na liefde, na intimiteit, en tog, hoe nader ons aan iemand kom, hoe maklikerkritiseer ons hulle en hoe meer konsentreer ons op hulle swakhede. Hoekom is dit so?
Weet jy, Napoleon en Josephine was innig lief vir mekaar. Maar ten spyte van hul liefde, het sy oorheersende geaardheid en haar onvermoë om aan sy verwagtinge te voldoen, gelei tot ernstige konflik en uiteindelik tot ‘n egskeiding. Soos so dikwels die geval is, het hul persoonlike swakhede, hulle aanvanklik opregte toegewyde gevoelens, vernietig.
Hoe dikwels het daardie scenario homself deur die eeue in verhoudings afgespeel? En die rede is altyd dieselfde. Jesus het dit so gestel:
Matteus 7:3-5 “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.
Hoe nader jy aan iemand kom, hoe makliker is dit om die splinter in hulle oog te sien. Hoe meer irriteer dit jou. Hoe meer aanstoot gee dit jou. En dan voel jy dat die ander persoon moet verander.
Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY