God Sal Jou Nooit Verlaat Nie
25 September 2025

God Sal Jou Nooit Verlaat Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Psalm 27:10 Selfs al sou my pa en ma my verlaat, die Here sal my styf vashou. (NLV) 

'n Baie slegte ding wat met jou kan gebeur, is as iemand op wie jy staatmaak, jou in die steek laat. Daar is baie mense in hierdie wêreld wat deur hul ouers versaak is. Ons sien ook soms hoe baie intieme verhoudings verbreek word, waar die een party, op pad na groener weivelde, sy sielsgenoot weggooi. Om verwerp te word, is 'n verskriklike ding. Jy kan selfs omring wees deur mense wat oënskynlik goeie voornemens het en steeds heeltemal alleen voel.

Josephine Bakhita is in 1869 in Soedan gebore. Sy is as kind ontvoer en as ‘n slaaf verkoop. Verlate en geskei van haar gesin, het sy geweldige lyding verduur. Sy is toe later op ‘n wonderbaarlike wyse, deur 'n goeie, godvresende familie gered.

Dit is waar sy Christus ontmoet het en sy het die res van haar lewe daaraan gewy om ander te dien. Op een of ander manier het God haar pyn gedurende daardie traumatiese jare in ‘n kragtige getuienis van vergifnis, veerkragtigheid en onwrikbare geloof omskep.

Psalm 27:10 Selfs al sou my pa en ma my verlaat, die Here sal my styf vashou. (NLV)

Dawid het meer as 3 000 jaar gelede hierdie Psalm geskryf. Hy het, deur die lewensgevaarlike tye waarin hy baie gely het, eerstehands geweet dat God altyd daar sal wees vir hom.

Dit is moeilik om enigiets meer desperaat of gevaarliks voor te stel as 'n kind wat deur sy ouers verlaat word. Tog, soos in Josephine se geval, het God die manier om sulke verskriklike omstandighede te neem en dit ten goede te laat uitwerk.

Dit was soortgelyk aan die ervaring wat ek deurgemaak het toe my eerste vrou my meer as 30 jaar gelede vir 'n ander man verlaat het. En ek kan getuig, dat toe ek my in daardie verskriklike tyd tot God gewend het, het Hy wonderlike dinge gedoen – Hy doen steeds wonderwerke. Hy kan slegte dinge in goeie dinge verander.

Selfs al verlaat ander mense jou; sal God jou altyd styf vashou.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY