Dit is My Geliefde Seun
05 December 2025

Dit is My Geliefde Seun

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Markus 1:12-13 Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg 

Jy weet hoe dit gaan. Ons weet dat die lewe sy hoogte- en laagtepunte het, sy stampe en kneusplekke, en dan is daar ook af en toe ‘n haakhou teen die kop. En tog, diep binne-in, hoop ons, verwag ons eintlik, dat dit baie makliker vir ons sal word. Ons is immers spesiaal, of hoe? Natuurlik dink ons elkeen dat ons spesiaal is. Daardie slegte dinge behoort nie met ons te gebeur nie! En tog gebeur dit.

Dis moeilik om iemand meer spesiaal as Jesus, God se geliefde Seun, voor te stel. Kyk net na wat gebeur met sy doop.

Lukas 3:21-22 Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos 'n duif op Hom neergedaal. Daar was ook 'n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”

Dit het beslis nie by my doop gebeur nie. Het dit by joune gebeur? Nee, ek het nie so gedink nie! Maar kyk wat gebeur onmiddellik daarna met Jesus ...

Markus 1:12-13 ... Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg.

Die woord: “weggevat” in die oorspronklike Grieks sê eintlik dat die Heilige Gees Jesus die woestyn “ingegooi” het. Stel jou voor, Jesus was daar alleen; “gegooi” om veertig dae lank honger te ly en om deur die duiwel versoek te word. Die duiwel versoek Hom om die handdoek in te gooi en hóm te gehoorsaam.

As Jesus deur die duiwel versoek kon word, kan dit mos maklik met ons ook gebeur. God sal ons geloof in Hom toets ... en as ons Hom toelaat, sal Hy ons aan die anderkant, sterker en nader aan Hom, uitbring.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY