
Send us a text
1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Kan ek jou vra om terug te dink aan al die foute; groot en klein; wat jy in jou lewe gemaak het. Dink aan finansies, gesondheid, verhoudings, loopbaan, trots … die hele spul. Jy kan seker, soos ek, 'n boek daaroor skryf!
Daardie foute kan swaar op ons gewetes lê, nè? Het jy al ooit ontslae geraak van daardie skuldgevoelens? Het jy jouself al vergewe? Of beroof die gevolge van jou dade jou steeds van jou vrede en vreugde, en hang dit soos 'n donker wolk oor jou toekoms?
Watter fout uit jou verlede bly by jou spook? Terwyl jy die las daarvan voel; miskien die pyn weer ervaar; kom ons kyk wat staan in:
1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Wat beteken dit om jou sondes aan God te bely? Dit beteken om hulle een vir een op te noem; om verantwoordelikheid vir hulle te neem en om eerlik met jouself en met God daaroor te wees, eerder as om hulle, met die hoop dat hulle sal weggaan, te ignoreer.
En wanneer jy dit doen, sal God jou vergewe. Jy kan Hom absoluut vertrou om dit te doen, want Jesus het gesterf om vir jou sondes te betaal. En Hy sal jou reinig van al die verkeerde dinge wat jy gedoen het.
Nou sal jy, met jou lei heeltemal skoongevee, kan voortgaan met dié lewe wat Hy nog altyd vir jou begeer het. Dis die rede waarom Jesus weer uit die graf opgestaan het: om jou die oorwinning oor sonde en dood te gee; om jou 'n nuwe lewe te laat lei; vir ewig, in sy teenwoordigheid.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY