Byt Vas!
15 November 2025

Byt Vas!

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet. 

Ons word omring deur soveel talentvolle mense, nè? Mense wat dinge kan doen wat ons nooit sal kan doen nie; mense wat hoogtes bereik wat ons nooit sal bereik nie; mense wat so perfek lyk, dat dit jou asem wegslaan.

Kyk, baie van daardie talent is op een of ander manier deel van hulle; dit spruit uit hul DNS. Ek dink nou aan my vriendin Lorraine, wat ‘n wonderlik begaafde violis is en my ou vriend Laurrie, wat deur sy bediening met liefde en sagmoedigheid ander help om genesing te vind. Daardie mense is in staat tot dinge waartoe ek nooit in staat sal wees nie.

En dan ... dan is daar die hele kwessie van versoeking. Jy weet waarvan ek praat, nè? Daardie ander mense lyk almal so voorspoedig en in beheer van alles, terwyl ons ons swakhede ken; ons ons mislukkings sien; ja, ons weet wanneer ons in versoeking gestruikel het en in sonde geval het. Waarom kan ons nie soos hulle wees nie, vra ons onsself af.

Maar daar was ook tye toe jy versoeking verduur het; tye toe jy uit 'n diep kennis van die liefde van God vir jou, versoeking weerstaan het; standvastig gebly het ... omdat jy geweet het wat Jesus vir jou gedoen het.

Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

Die dilemma met versoeking is dat wanneer dit oor jou pad kom, dit baie lekkerder voel om daaraan toe te gee, as om dit te weerstaan. Maar, my vriend, hier is die waarheid. Jy hoef nie ‘n wonderlike talent van een of ander aard te hê nie, solank jy  standvastig kan bly wanneer jy nie lus het nie, om die kroon van die lewe te ontvang wat die Here belowe het. Staan vas!

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 


Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY