
Send us a text
Hebreërs 4:15 Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.
Het jy jouself al afgevra waarom die lewe soms so ’n geswoeg is? Waarom moet ek hierdie swaar las dra? Waarom kan my lewe nie sonder probleme wees nie?
Baie mense het al seker vir jou vertel dat die lewe nie veronderstel is om maklik te wees nie? Dis alles goed en reg, totdat jy jouself in ’n moeilike situasie bevind. Maar, wag nou, as God inderdaad God is, en as Hy ons liefhet, sal Hy mos nie toelaat dat ons so ly nie?
En wat gebeur as die moeilikheid kom? Hy help my nie soos ek gedink het Hy moet nie! Nou kan ek mos my rug op God draai en wegstap, of hoe? Hoe kan Hy ooit verstaan waardeur ek gaan?
Hebreërs 4:15 Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.
Ons weet dat Jesus verag en verwerp is, dat Hy selfs aan 'n kruis vasgespyker is. Maar verstaan ons regtig dat Hy ons sonde en ons siekte op Hom geneem het? Begryp ons hoeveel Hy gely het; wat Hy deurgemaak het? As dit jy was, sou jy nie net eenvoudig wou wegvlug om al die lyding te vermy nie?
Maar Hy het volhard; en dáárdeur het Hy eerstehands selfs die ergste swaar wat ek en jy ooit, ooit in ons lewens kan beleef, ervaar.
Kyk, ek weet nie hoekom die lewe sommige dae so moeilik is nie. Daar is geen mooi, netjiese, eenvoudige antwoorde daarop nie; geen kitsoplossings nie; geen towerstaffie om te swaai om dit alles te laat verdwyn nie. Maar wat ek wel weet, is dit: Jesus verstaan ons swakhede, want Hy was in elke opsig beproef en versoek.
Dis 'n groot troos vir my en ook vir jou, want dis God se Woord.
Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY