Skip to content
Opens in a new window
Wysheid in die Wagtyd
31 July 2026

Wysheid in die Wagtyd

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Spreuke 19:20-21 Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê. ’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het. (NLV) 

Het jy al ooit besef hoe hardkoppig ons kan wees? Ons spandeer ure om elke klein detail van ons "perfekte" toekoms uit te werk, amper asof ons die heelal met 'n lysie instruksies kan beheer en dan voel ons gefrustreed as dinge nie volgens ons plan verloop nie.

Kom ons kyk na Steve Jobs. Op dertig is hy by Apple, die maatskappy wat hy self gestig het, afgedank. Volgens alle berigte was dit 'n vernederende ervaring. Maar jare later het hy erken dat sy ontslag hom vrygemaak het om meer kreatief te dink. Daardie terugslag het gelei tot sy ontwikkeling van Pixar, en sy uiteindelike terugkeer na Apple - waar hy die wêreld van tegnologie hervorm het. 

Wat na die einde van 'n belowende loopbaan gelyk het, was 'n noodsaaklike afspringplek na sukses. Dit is die perfekte voorbeeld van hoe ‘n oomblik van vernedering eintlik ‘n belangrike bousteen geword het.

Spreuke 19:20-21 Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê. ’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het. (NLV)

Wysheid beteken om toe te gee dat ons nie alles weet nie. Dit beteken om nederig genoeg te wees om te luister – na God se Woord, na godvrugtige raad en selfs na die dissipline wat seermaak. 

Uiteindelik is dit nie ons slim strategieë en sorgvuldig opgestelde planne wat die uitkoms bepaal nie. God se doelwitte seëvier. Altyd.

In Christus sien ons daardie waarheid in die vlees. Mense het sy ondergang beplan. Judas het Hom verraai. Die leiers het teen Hom gedraai. Maar, deur die kruis en opstanding, het God se groter plan - ons verlossing - geseëvier.

Beplan wys - dis die geheim. Maar moenie krampagtig aan jóú planne  vasklou nie, want uiteindelik is die enigste plan wat saakmaak, God s'n ... en daardie plan is Jesus.

Dis sy Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY