
Send us a text
1 Johannes 2:3-6 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.
Wanneer jy die woord "gehoorsaamheid" hoor, wat kom dadelik by jou op? Miskien 'n lastige gevoel van ‘n verpligting wat op jou geplaas word? Herinneringe aan 'n streng opvoeding? Daardie moeilike baas by die werk? Ek dink vir die meeste van ons het daardie woord, “gehoorsaamheid,” ‘n negatiewe konnotasie.
Hoe negatief dit ook al aanvanklik mag lyk; gehoorsaamheid het 'n ongelooflik positiewe invloed. Wie weet hoeveel lewens elke dag gespaar word, net omdat gewone mense soos ek en jy die padreëls gehoorsaam?
Laat ons 'n bietjie dieper delf wanneer God ons beveel om Hom te gehoorsaam, voordat ons dit sommer net verwerp.
1 Johannes 2:3-6 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.
En hoe het Jesus geleef? Hy het die geringstes in die samelewing liefgehad; Hy het teen die godsdienstige skynheiliges opgestaan; Hy het mense aangemoedig; Hy het mense vermaan en Hy het Homself vir ons geoffer.
Soveel "Christene" is Sondag-Christene en leef van Maandag tot Saterdag sonder die Here. Dietrich Bonhoeffer, die bekende Duitse geestelike wat vir sy geloof gemartel is, het gesê: Een daad van gehoorsaamheid is beter as honderd preke. En C.S. Lewis het gesê: Gehoorsaamheid is die sleutel wat elke deur oopmaak.
Leef soos Jesus as jy ‘n betekenisvolle lewe wil lei. Gehoorsaam Hom.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY