Send us Fan Mail
Romeine 8:28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.
Wanneer die lewe jou sleg behandel, is jou eerste vraag amper altyd: Hoekom? Hoekom hierdie siekte, hierdie verlies, of hierdie terugslag? Maar sê nou die groter vraag is nie hoekom nie, maar wie? – Wie is hier saam met my in die ding, en wat wil Hy daardeur bereik?
In 1951 het die Japannese beeldhouer Chiharu Matsunaga albei sy hande in 'n fabrieksontploffing verloor. Sy loopbaan – sy hele identiteit – het gelyk asof dit daarmee heen is. Terwyl hy herstel het, het hy met klei begin eksperimenteer deur dit net met sy voorarms te druk en te vorm.
Dit het jare van probeer en tref, en geweldig baie geduld gekos; maar uiteindelik het hy 'n nuwe tegniek ontwikkel wat die moderne beeldhoukuns in Japan heeltemal verander het. Hy het later gesê: My wonde het my geleer hoe om die skoonheid te sien wat my oë voorheen misgekyk het.
Dit is iets wat net swaarkry kan doen – dit skaaf aan jou op 'n manier wat sukses nooit kan nie.
Romeine 8:28 Ons weet dat God in alles ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.
Nou-ja, dit beteken nie alles gaan skielik maanskyn en rose wees nie – glad nie. Maar wat dit wel beteken, is dat God iets goeds uit enige situasie kan laat kom. Dieselfde God wat die opstanding uit die kruisiging laat ontstaan het, kan 'n pragtige nuwe doel uit jou pyn skep.
So, wanneer jy swaarkry, hou styf vas aan Jesus, sy karakter en sy voorbeeld. Moenie net bid dat die swaarkry weggaan nie, maar bid dat Hy vir jou iets sal wys. Vra Hom: Here, wat wys U my hierdeur? Wat moet ek hieruit leer? Waarheen lei U my?
Ja, my vriend, swaarkry beteken nie dat God nie daar is nie – dit is dikwels juis die werkswinkel waar sy grootste meesterstukke gebore word. Die Vader wat sy eie Seun aan ‘n kruis moes sien hang; verstaan jou pyn en trane en laat dit ten goede meewerk.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY