Send us Fan Mail
Johannes 6:66-69 Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie. Toe vra Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?” Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is.”
In 1610, toe Galileo gesê het die Aarde draai om die Son, en nie anderster-om nie, het die wêreld hom sommer 'n ketter genoem. Sy waarheid het die gemaklike ou orde van dinge omgekrap; maar die werklikheid is nie afhanklik van mense se opinies nie, dit wag net vir mense met oë wat bereid is om te sien.
Partykeer voel die waarheid soos medisyne; dit smaak bitter, dit steek in jou keel vas as jy dit sluk, en tog genees dit iets wat siek is van binne. En dis nou net hoe Jesus is: Hy versag nie die waarheid om ons gelukkig te hou nie. Hy praat reguit, al skok dit ons.
Op 'n dag was hy besig om vir 'n groot skare te leer. Alles het goed gegaan, totdat hy iets skokkend gesê het: Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in my, en Ek in hom.
Vir ons klink dit dalk simbolies, maar vir hulle het dit afskuwelik geklink. Hulle kon dit nie vat nie.
Johannes 6:66-69 Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie. Toe vra Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?” Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is.”
Petrus het nie by Jesus gebly omdat alles vir hom sin gemaak het nie. Hy het gebly omdat hy ontdek het daar's nêrens anders waar jy regte lewe kry nie.
Wat is dit wat Jesus gesê of gedoen het wat jou pla, wat jou ongemaklik laat voel, wat jou wil laat wegdraai of wegvlug? Wanneer Hy iets sê wat jou gemak, jou opinies of jou trots uitdaag, draai jy weg, of kom jy nader?
Ja, my vriend, Jesus se moeilikste woorde is dikwels juis die woorde wat ons vrymaak.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY