Send us Fan Mail
1 Johannes 2:15-16 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld.
Kom ons wees eerlik — vir die gewone mens klink dit heeltemal belaglik om te hoor: Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie? Regtig? As God ons liefhet, sal Hy sekerlik wil hê ons moet die goeie dinge geniet wat Hy geskep het — kos, reis, skoonheid, gemak, tegnologie. So, wat is die probleem?
Miljoene mense is op hierdie oomblik besig om eindeloos deur die sosiale media te blaai. Die een foto na die ander — droomvakansies, luukse huise, perfekte liggame, die mooiste, die beste en die gelukkigste oomblikke van ander mense.
En ja, natuurlik is dit lekker om na te kyk, dalk selfs soms inspirerend. Maar dan kom die subtiele skuif — jaloesie, vergelyking, en 'n stille ontevredenheid wat fluister: Jy het nie genoeg nie. Jy is self nie genoeg nie. Dit is nie die dinge self wat ons vergiftig nie — dit is wanneer hulle die beheer van ons harte oorneem.
1 Johannes 2:15-16 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld.
Kyk, God is beslis nie ‘n pretbederwer nie – Hy is nie teen vreugde of skoonheid nie. Waarteen Hy wel is, is teen slawerny. Daar is 'n hemelsbreë verskil tussen om die goeie dinge wat Hy gee, te geniet en om daardie dinge lief te hê — tussen opregte dankbaarheid en om heeltemal dronk gedraai te word daardeur. Wanneer jy die wêreld liefhet, verloor jy perspektief. Wanneer jy God liefhet, kry jy alles wat die moeite werd is om te hê.
So, geniet beslis alles wat Hy vir jou gegee het — die gelag, die sonsondergange, die eenvoudige plesiere — maar hou dit met ‘n oophand vas. Want die oomblik wanneer daardie dinge jóú begin vashou, het jy vergeet waar ware vreugde vandaan kom.
Dit is God se Woord...Vars...vir jou...vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY