Verag en Verstoot
09 December 2025

Verag en Verstoot

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Jesaja 53:3 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. 

Dis snaaks hoe ons in hierdie moderne wêreld soveel dinge as noodsaaklik beskou. Dinge soos ‘n goeie regering, 'n eerlike regbank, koue en warm lopende water en natuurlik elektrisiteit. Ja, as jy gewoond is daaraan om dit dag na dag te hê, aanvaar jy dit ongetwyfeld as vanselfsprekend ... totdat dit skielik nie meer daar is nie.

Neem byvoorbeeld elektrisiteit. Ons kan ons lewens skaars sonder elektrisiteit voorstel, nè? Ons weet hoe ons voel wanneer die krag skielik afgaan, net wanneer ons moet regmaak om iets belangrik te doen. Wie van ons het nie al beleef hoe ons skielik in die donker onder-in die kas na kerse moet grawe nie?

Nikola Tesla is in 1856 in die hedendaagse Kroasië gebore. Hy is in 1943 oorlede. Die arme man het nie tydens sy leeftyd die erkenning vir sy ongelooflike werk ontvang nie. Hy is selfs afgedank en verneder.Ten spyte van armoede en openbare minagting het Tesla se werk met elektrisiteit – veral wisselstroom (WS) – die wêreld verander. Ons moet hom bedank vir die krag wat ons lewens verlig.

Wanneer jy die een is wat bespot en ontslaan word, is dit nie 'n aangename ding nie. Dit voel verskriklik; asof jy nooit iets sal bereik nie; asof die lewe waarop jy gehoop het, nooit sal uitwerk nie.

Jesaja het hierdie woorde oor Jesus meer as 700 jaar voor sy geboorte geskryf:

Jesaja 53:3 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.

En dit is presies wat met Hom gebeur het. Jesus se dood en opstanding sal altyd die grootste oorwinning in die menslike geskiedenis bly. Daardeur is mense vergewe en die gawe van die ewige lewe gegee.

Net omdat sommige mense jou waarde nie raaksien nie, beteken nie dat God nie wonderlike dinge deur jou sal doen nie. Moenie bang wees vir die wêreld se verwerping nie.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY