
Send us Fan Mail
Jakobus 1:2-4 My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie. (NLV)
Dit is ‘n feit dat alle mense op een of ander stadium lyding gaan beleef. Dit is onmoontlik om ons lewens daarsonder voor te stel, al is dit waarvoor ons sou hoop. Maar dis die lewe...
So, hoekom laat God dit toe? Meer ter sake, hoekom laat Hy vir jou en vir my ly? Dit is wat ons regtig wil weet! Kyk wat skryf Jesus se broer, vir die vervolgde Jode wat oor die Romeinse Ryk versprei was:
Jakobus 1:2-4 My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie. (NLV)
Ek was diep geraak deur iets wat Lowell Wertz, my goeie vriend en sendeling in Afrika oor hierdie einste ding geskryf het:
Miskien is daar geen plaasvervanger vir lyding nie. Die ervarings wat God oor ons bring, het altyd 'n doel. Die dissipels het in ‘n storm op die See van Galilea, in vrees vir hul lewens, vir Jesus die storm sien stilmaak. Op ‘n ander geleentheid het hulle Jesus op die water sien loop.
Bote, wind, golwe - toe hulle vir hulle lewens gevrees het, was die sterk manne van die see, magteloos. Hulle het in die proses, toe hulle in vrees gebewe het, nederigheid geleer. Hulle het geweet dat hulle nie die see, wat hulle so goed ken, kan beheer nie; en daardeur kon hulle die Here se wonderbaarlike ingryping ervaar.
Of, soos Franklin D Roosevelt dit gestel het, 'n gladde see het nooit 'n bekwame seeman gekweek nie.
Omarm die stryd, want jy weet dat die toets van jou geloof volharding voortbring; Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY