
Send a text
Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Het jy al ooit heeltemal onbekwaam vir 'n taak gevoel? Ja, ek het beslis ook al dikwels onnosel gevoel!
Ignatius van Loyola was 'n ydel, glorie-honger jong soldaat in die 16de eeu in Spanje. Hy was meer geïnteresseerd in roem en romanse as geloof. Hy het eer op die slagveld nagejaag totdat 'n kanonkoël sy been én sy planne verpletter het. Tydens 'n lang, pynlike herstelproses het hy niks anders te doen gehad as om stories van Jesus en die heiliges te lees nie.
Stadigaan het sy nuutgevonde oortuiging sy ambisie vervang. Die eens doellose dromer het hom aan Christus oorgegee en een van die invloedrykste sending- en opvoedkundige bewegings in die geskiedenis, die Jesuïete, tot stand gebring.
Soms roep God die onkundiges nie omdat hulle gereed is nie, maar omdat Hy op die punt staan om hulle gereed te maak.
Ek kan myself so inleef in so ‘n situasie. Wat van jou? Toe ek ingespring het om die mediabediening van Christianityworks te lei, was ek nie net onkundig nie, ek was totaal onbekwaam en nogal naïef. Ek het absoluut geen idee gehad van wat om te doen nie. Ek het geroepe gevoel; ek het kinderlike geloof gehad; ek het besigheidsvaardighede gehad, maar om 'n sterwende bediening op die randjie van ineenstorting te laat herleef, was heeltemal bo my vuurmaakplek.
Wat Ignatius ontdek het, en wat ek en soveel ander deur die eeue ontdek het, is, dat wanneer jy in God se diens is, jy nie in beheer is nie. Dit beteken dis oukei om nie alles vooraf honderdpersent uitgepluis te hê nie.
Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Met ander woorde, ons is nie veronderstel om alles perfek te verstaan nie. God vereis nie perfekte planne van ons kant nie; Hy vra bloot vir ons vertroue. Sy leiding kom wanneer ons saam met Hom werk, nie wanneer ons ons eie minder-as-briljante planne volg nie.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY