
Send us Fan Mail
Romeine 8:28-29 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.
Het jy al ooit in hierdie besige wêreld heeltemal alleen gevoel? Miskien het jy mense rondom jou, dinge waarby jy betrokke is, maar daardie gevoel van eensaamheid en van isolasie, vreet aan jou. So, jy vra jouself af: Hoekom gaan ek hierdeur? Hoekom voel ek asof niemand verstaan waardeur ek gaan nie?
Dis nie 'n ongewone gevoel nie. Dit lyk net asof dinge sonder rede met jou gebeur. Jy voel asof dinge buite beheer is. Dinge - slegte dinge en ook hier-en-daar goeie dinge – word net na jou kant toe geslinger. Jy dink later dat jy in die maalkolk van die lewe gegooi is.
Ons begin die gevoel van isolasie veral beleef wanneer ons neerslagtig voel en wanneer ons seergekry het. Ons ervaar dit wanneer onbeplande dinge gebeur; ons beleef dit wanneer mense se houdings en gedrag teenoor ons verander.
Paulus het in die 1ste eeu n.C. vir die kerk in Rome verseker dat God se motiewe suiwer is:
Romeine 8:28-29 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.
Tim Keller, ‘n Amerikaanse pastoor en teoloog het dit so gestel: Die Christendom weet, in teenstelling met fatalisme is lyding oorweldigend; in teenstelling met Boeddhisme, is lyding ’n werklikheid; in teenstelling met karma, is lyding dikwels onregverdig; en in teenstelling met sekularisme, is lyding betekenisvol. Daar is 'n doel daarmee, en as dit reg aangepak word, maak dit ons nog liewer vir God en gee dit vir ons meer stabiliteit en geestelike krag as wat jy verwag.
Alles werk ten goede saam vir diegene wat God liefhet. Alles.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY