‘n Verdorde Droë Land (1)
08 January 2026

‘n Verdorde Droë Land (1)

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Jesaja 41:17 Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle versmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. 

Het jy al ooit uitgedor en afgemat gevoel? Jy weet waarvan ek praat, nè? Daardie gevoel dat die vreugde, die afwagting, die lewenslus wat jy eens vir die lewe gehad het, heeltemal verdamp het. Dis net – weg! Jou gees binne in jou is dor, kurkdroog, bros. Ek dink ons was almal al op 'n stadium daar. Wat het gebeur? Wat het verkeerd geloop? Hoe gaan ek dit oorleef?

Die Namib is een van die droogste woestyne ter wêreld. Dit is ‘n sanderige strook van sowat 2 000 kilometer langs die Atlantiese kus. Dit strek vanaf die suidweste van Angola in die noorde, tot die noordweste van Suid-Afrika in die suide.  

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Henno Martin, ‘n Duitse geoloog en avonturier saam met sy vriend Hermann Korn na die Namib gevlug om internering te vermy. Hulle het in 'n afgeleë kloof skuiling gesoek waar hul water vinnig opgeraak het.

Hulle het aan hallusinasies begin ly en was besig om van die dors te sterf. Martin het later onthou hoe hulle met gekraakte lippe en blase op hul voete, gekniel en gebid het. Skielik het dit begin reën. 'n Woestyn-stortreënbui het hulle houers gevul, hulle liggame herstel en hulle lewens gered.

Kan jy jou hulle vreugde voorstel? Jy kan hulle net in die reën sien dans.

Jesaja 41:17 Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle versmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.

Wanneer jy eendag (miskien selfs vandag) jouself in jou eie woestyn bevind, is daar net een ding wat jy moet doen. Bid. Stort jou hart voor God uit. Voor Hom wat jou so liefhet dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om vir jou te ly en te sterf.

Selfs op die droogste plek op aarde ... stuur God steeds sy reën. Dis hoe jy die swaarkry oorleef; maar weet jy, dis hoe jy nie net sal oorleef nie, maar hoe jy sal floreer!

Want dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY