
Send a text
Galasiërs 6:4-5 Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk. Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.
Het jy al ooit jou lewensreis met dié van ander vergelyk? Jy skiet altyd tekort, of hoe? Dit lyk asof hulle lewe soveel beter as joune is. Waarom het ek so ’n simpel lewe?
Ek het ’n vriend wat sy besigheid vir sakke vol geld verkoop het; ‘n bedrag wat ek en jy skaars kan bereken. Hy gee die meeste van sy rykdom weg, maar hy het so baie geld dat hy nooit die soort kontantvloei-krisis wat ons gewone mense het, in die gesig hoef te staar nie. Ek het dikwels gedink hoe gelukkig hy is, wanneer ons, in die bediening, soms nie ons personeel betyds kon betaal nie.
Ek het nog ’n vriend wat ongelooflik aantreklik is. Daarby het hy so ‘n fassinerende lewe; hy vlieg in besigheidsklas as ’n gesogte spreker die wêreld vol en beïndruk groot skares met sy briljantheid en insig. Ek het dikwels aan hom gedink, terwyl ek in die tweede agterste ry op ’n 14-uur-vlug in ‘n ekonomie- klas sitplek vasgegord was.
Sien jy nou wat ek so pas gedoen het? Ek het jou van die goeie en glansryke dele van my vriende se lewens vertel, sonder om jou van hulle probleme te vertel. En dis presies wat ons doen wanneer ons onsself met ander vergelyk.
Galasiërs 6:4-5 Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk. Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.
Waarom meet ons ons lot in die lewe aan ander, eerder as om te fokus op die goeie wat ons reeds gedoen en bereik het en die geleenthede wat voorlê? Die realiteit is dat vergelykings óf trots óf onsekerheid kweek – nie een van die twee is goed vir ons nie; nie een van hulle eer God nie.
Hou op om jouself met ander te vergelyk. Pas hierdie goddelike wysheid in jou lewe toe en leef soveel gelukkiger sonder daardie hunkering om wat jou naaste het, te besit.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY