Skip to content
Opens in a new window
Moenie God Beperk Nie
28 July 2026

Moenie God Beperk Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Efesiërs 3:20 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. (NLV) 

Het jy al ooit een van daardie oomblikke gehad waar jy iets niksbeduidend probeer het, maar waar die uitkoms jou wildste drome oortref het? Ek het beslis!

Toe ek destyds in die bediening van Christianityworks begin werk het, was die bediening in hopelose finansiële omstandighede. Dit was een van daardie situasies waar mense spottend sê: "die laaste een uit, skakel die ligte af". Ek het gebid - my vriend, ek het gebid - gebede wat vir my destyds soos groot, onbereikbare gebede gelyk het. Wat destyds onmoontlik gelyk het en vir my wanhopig of radeloos gelaat het, lyk nou in retrospek totaal onbenullig of nietig. Ja, wat eens ‘n berg was, was op die ou end net ‘n stoffie in die pad. 

Ons bid dikwels ‘klein’ gebede, of hoe? Ons vergroot ons kanse op sukses, ons mik laag, want diep binne-in is ons nie seker of God regtig gaan luister nie. Maar kyk wat Paulus, uit die tronk geskryf het:

Efesiërs 3:20 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. (NLV)

Het jy dit gehoor? Baie; oneindig meer. Meer as wat jy kan vra. Ver meer as wat jy jou kan indink. Dit is nie wensdenkery nie. Dit is God se krag – sy opstandingskrag - wat deur Christus in ons werk.

Beteken dit nou dat die lewe perfek gaan wees? Nee. Paulus het dit nie uit 'n strandstoel geskryf terwyl hy ystee met ‘n sambreeltjie deur ‘n strooitjie gesuig het nie. Hy was in die tronk vasgeketting. Maar selfs daar het hy geweet: God is steeds in staat om meer te doen.

God gee meer genade, meer krag, meer heerlikheid deur Christus.

So watter probleem jy ook al vandag in die gesig staar; moenie ‘klein’ gebede bid nie. Moenie jou hoop beperk nie. Want dié God, wat Jesus uit die dood opgewek het, doen steeds meer as wat jy kan vra of jou kan indink. En Hy doen dit ín jou.

Dis sy Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY