
Send us a text
Spreuke 18:2 Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak.
Was jy al ooit só oortuig daarvan dat jy reg is en dat jou siening van ‘n saak die absolute en enigste korrekte perspektief is? En dan op ‘n dag ontdek jy dat jy verkeerd is; want jy wou nooit raad vra of na ander mense se opinies luister nie. Jy het al die tyd vas geglo dat jou "waarheid", soos jy dit gesien en verkondig het, die enigste korrekte siening is. Dit het ook al met my gebeur! Dit eindig nooit goed nie, nè?
In1520 het koning Christian II van Denemarke besluit om Swede te straf vir hulle rebellie teen hom. Hy het die Sweedse adellikes na 'n sogenaamde "vredesbanket" in Stockholm genooi nadat hy ‘n oorwinning oor hulle regent behaal het. Sy adviseurs het hom gewaarsku om versigtig te wees voordat hy iets teen die Swede doen, maar hy het nie geluister nie.
In plaas van ‘n fees, het hy 'n vurige toespraak afgesteek waarin hy die adellikes van verraad beskuldig het. Hy het net daar meer as 80 van hulle laat teregstel, in wat bekend geword het as die "Stockholm Bloedbad".
Hy het gedink dit sou sy posisie versterk, maar dit het in sy gesig opgeblaas. Swede het in opstand gekom, Deense heerskappy verwerp, en Christian het sy troon verloor. As hy net na die raad van sy adviseurs geluister het, in plaas daarvan om die adellikes in die openbaar te veroordeel, sou hy waarskynlik sy kroon – en vir Swede as deel van die koninkryk – behou het.
Spreuke 18:2 Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak.
Dit som die situasie op, nè? Daardie Deense koning was dwaas toe hy ’n baie delikate situasie hanteer het. Hoe dikwels het ons nie ons eie opinies verkondig, in plaas daarvan om eers na wyse raad te luister nie?
Ons is so oortuig van ons eie opinies, en ons wil so graag vir die res van die mensdom vertel hoe dinge werk, dat ons die situasie heeltemal verkeerd voorstel en plat op ons gesig val.
Indien ons net sou gewag het vir ons beurt om te praat, sou ons nie die geleentheid tot wysheid misgeloop het nie. Om te luister, is die weg van die wyse; om te veel te praat is die weg van die dwaas.
Dit is in werklikheid God se bloudruk vir kommunikasie: luister eers. Dit is die teenoorgestelde van ons natuurlike instink – maar dit is die pad na vrede en begrip.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY