
Send us a text
Romeine 12:9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.
Ons sal soms, dikwels as dit te laat is, ervaar dat party van die mense met wie ons skouers skuur, selfs mense in ons binnekring, vals is. Die ergste is wanneer iemand van wie jy lojaliteit verwag, jou in die rug steek. Het jy dit al ooit ervaar?
In 1651, teen die einde van die Engelse Burgeroorlog, het Dame Alice Lisle, uit deernis en sonder politieke motiewe, in die geheim twee vlugtelinge versteek. Sy het haar lewe op die spel geplaas om hierdie manne se lewens te beskerm omdat hulle in die nood was.
Toe sy daarvoor gearresteer is, is sy op grond van ‘verraad’ ter dood veroordeel. Sy is selfs die reg om by haar verhoor haar saak te stel, ontsê. Die arme vrou het net naasteliefde bewys en nie aan haarself gedink nie. Dit was onvoorwaardelike naasteliefde.
Dit was eg. Dit het die toets deurstaan, selfs toe die hoogste offer daarvoor geëis is. Mag ek jou vra om te oorweeg hoe jy jou naaste liefhet; nie net diegene ná aan jou nie, maar vreemdelinge ook. Hoe behandel jy hulle? Hoe eg, hoe lojaal, hoe prakties is jou liefde teenoor hulle?
Romeine 12:9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.
Selde sal 'n enkele sin met net vyf woorde, soos Die liefde moet opreg wees, soveel krag hê. Dit kom uit God se Woord. Dit kom van God self.
Egte liefde volhard. Dit weier om op te gee selfs wanneer mense jou in die steek laat. Liefde wat eg is, besweer die bose. Liefde wat eg is, doen uiteindelik net wat goed is.
Luister weer: Jou liefde moet opreg wees.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY