
Send us Fan Mail
Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV)
Jy hoor mense praat oor hul roeping, en dit klink alte deftig en edel. Maar 'n roeping het 'n onvermydelike prys. Dit behels dat jy jou eie begeertes in diens van ander neerlê. En dít is die edel deel.
Sommige mense hou daarvan om te spog oor die wonderlike werk wat hulle doen. Sir Nicholas Winton was nie een van hulle nie. In 1938 het hy 'n ski-vakansie gekanselleer om 'n vriend, wat met vlugtelinge in Tsjeggo-Slowakye gewerk het, te help. Omdat hy die Nazi-bedreiging gesien het, het hy die redding van 669 Joodse kinders georganiseer deur treine te reël, visums te bekom en pleeghuise in Brittanje te vind.
Hy het 50 jaar lank daaroor geswyg en nooit erkenning vir sy aandeel daaraan gesoek nie. Om net vir homself te leef, sou baie veiliger en makliker gewees het, maar Winton het die moeiliker pad van diens gekies en ander bo homself gestel.
Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV)
Die lewe waarvan Paulus in daardie gedeelte praat, klink mos na die perfekte patroon vir jou om jou lewe op te bou. Ons hoef nie iets groots te bereik nie; dis die klein dingetjies wat ons langs die pad doen, wat mense se lewens beïnvloed.
In 'n wêreld waar eiebelang die norm is, is onselfsugtigheid skaars. Die mees vervullende lewe word nie gemeet aan wat jy vir jouself hou nie, maar aan hoeveel jy van jouself weggee.
Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY