Skip to content
Opens in a new window
Kap Hout en Ervaar die Hitte
03 August 2026

Kap Hout en Ervaar die Hitte

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Spreuke 14:23 Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek. 

Maandae kan soms maar rof voel, nè? Die wekker gaan af, die hele week lê nog voor jou, en al wat jy wil doen, is om daardie "snooze"-knoppie te druk. Maar hier lê die knoop: hoe jy jou week begin, bepaal dikwels hoe jy hom gaan klaarmaak.

Dit kan nogal moeilik wees om jouself op ’n Maandagoggend te motiveer om die week positief aan te pak. Maar dink vir ’n oomblik daaroor na: daar is iets edels en verrykend daaraan om ‘n uitdaging aan te pak en jou heel beste te gee, of hoe? ‘n Mens voel sommer goed wanneer jy die moeite doen om ‘n moeilike taak aan te pak; dis asof dit sommer sy eie beloning inhou.

Dis seker hoekom Henry Ford op ’n slag gesê het: Kap jou eie hout, dan maak dit jou twee keer warm. Die eerste keer is wanneer jy die harde werk doen, en die tweede, wanneer jy die vrugte daarvan pluk. Dit geld vir vuurmaakhout; maar dit geld ook vir die lewe.

Spreuke 14:23 sê: Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek.

Daar is geen kortpaaie na ’n vrugbare lewe nie. Eindelose praatjies en drome kan nooit eenvoudige, getroue volharding vervang nie. Harde werk voel dalk nie altyd glansryk nie, maar God het dit so ontwerp dat dit ons seën - nie net deur dít wat ons daardeur bereik nie, maar deur hoe dit ons as mense vorm.

Maar hier is die groter waarheid: In Christus is jou werk nooit verniet nie. Die apostel Paulus het eeue gelede geskryf dat alles wat ons ook al doen - in woord of in daad – moet ons vir die Here doen (Kolossense 3:17).

Dit beteken jou Maandagoggend-e-posse; die verkeer waarin jy sit; daardie onbaatsugtige werkies wat jy uit liefde doen … kry nuwe betekenis wanneer jy dit vir Hom doen.

So, moenie vandag net praat oor wat jy gaan doen nie. Spring aan die werk. Kap die hout. Werk hard. En laat God se liefde ín Christus, jou deur die week dra.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY