
Send us Fan Mail
Lukas 23:55-56 Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het saamgeloop en die graf gesien en gekyk hoe sy liggaam neergelê word. Daarna het hulle huis toe gegaan en reukolie en salf reggemaak. Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.
Saterdag, ná Goeie Vrydag is tradisioneel 'n redelik stil dag van rus. Goeie Vrydag was ‘n belangrike dag en Sondag, die dag waarop Jesus opgestaan het, is eers die volgende dag. Jesus se liggaam was daardie Saterdag nog in 'n verseëlde graf en daar was niks vir die dissipels om te doen nie, want alles was tog finaal verby...Was dit?
Jy kan jou die gebeure voorstel, nè? Na die vorige dag se trauma van Jesus se wrede dood, die voorhangsel van die tempel wat geskeur het en grafte wat oopgegaan het, het die dissipels in vrees vir hul eie lewens, die gebeure probeer verwerk. Wat kon hulle doen? Hy was dood en begrawe, en dit was immers die sabbat.
Lukas 23:55-56 Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het saamgeloop en die graf gesien en gekyk hoe sy liggaam neergelê word. Daarna het hulle huis toe gegaan en reukolie en salf reggemaak. Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.
Daar was niks anders om te doen as om te treur, te rus en voor te berei om Jesus se liggaam te balsem nie. Gelukkig hoef ons nie saam met hulle te treur nie, want ons weet wat kom ...
Jy weet dat die misdadiger, Barabbas, op die skare se aandrang vrygelaat is. Jy weet dat Jesus jou kom red het. Jy weet dat Hy vir jou gesterf het ... in jou plek gesterf het. En jy ken hierdie tydlose waarheid:
Johannes 3:15-16 sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Genade het Jesus sy lewe gekos - sodat ons nie vir ewig moet betaal vir ons sondes nie. Jy, ek en Barabbas is almal seuns of dogters van die Vader. Almal is skuldig. Almal is ongelooflik geliefd. Almal word uitgenooi om te glo.
Moet jouself dus nie diskwalifiseer deur skuldgevoelens nie. Genade gaan nie daaroor om goed genoeg te wees nie. Dit gaan oor 'n God wat jou so liefgehad het dat Hy jou plek ingeneem het.
Dis die onreg en die skandaal… en die skoonheid en die wonder… van die Evangelie.
En dis God se Woord. Vars… vir jou… vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY