Jou Skild; Jou Pantser
27 April 2026

Jou Skild; Jou Pantser

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Psalm 18:31 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. 

Dink jy, jy sou twintig jaar gelede kon voorspel hoe jou lewe vandag gaan lyk? Vir die meeste van ons is die antwoord 'n duidelike nee, want dinge neem soveel onverwagte wendings, nie waar nie? Daar is soveel vooruitgang en veranderinge wat ons nooit kon voorsien nie...

Met al die hoogte- en laagtepunte wat jy ervaar het, was daar sekerlik tye wat dinge net nie sin gemaak het nie. Hoekom het dit gebeur? Hoe kan dit reg wees? Hoe het ek in hierdie situasie beland?

Dekades gelede, toe my hoop en drome voor my verpletter gelê het, het ek beslis daardie vrae gevra. En destyds kon ek nooit voorspel dat ek hier saam met jou sou wees en doen wat ek besig is om te doen nie. Maar langs die pad het ek ontdek hoe waar die woorde in hierdie versie is:

Psalm 18:31 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy.

My reis was deurmekaar; joune waarskynlik ook. Maar as ek terugkyk, kan ek sien hoe God my op die pad, wat Hy vir my gekies het, gelei het. Ek kan sien hoe die koers wat Hy vir my uitgestippel het, foutloos en onberispelik was. Toe ek tot my sinne gekom het, het ek besef dat dit veilig sal wees om die leisels aan Hom te oorhandig.

Ek het oor die jare op soveel verskillende maniere sy beloftes, sy wysheid en sy krag ervaar; dat ek sonder twyfel kan sê dat sy Woord waar is.

Deur uiters onaangename omstandighede en pynlike ervarings, wat ek nie vir my ergste vyand sal toewens nie, het Hy my beskerm. Hy het my toevlugsoord geword; Hy het my veilig tot op hierdie punt gebring om by jou te wees. Want dit is wie God is ... vir my, en vir jou.

En dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY