Skip to content
Opens in a new window
Is Jy ‘n Seën of ‘n Las?
17 November 2026

Is Jy ‘n Seën of ‘n Las?

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Jakobus 4:6 Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges maar aan nederiges gee Hy genade.” 

Dink aan daardie mense wat by ’n vertrek instap en al die suurstof opsuig. Vol van hulleself. Altyd reg. Altyd die luidrugtigste. En dan kry jy die stilles – die bestendiges, die bedagsames - die mense wat almal op hulle span wil hê. Hier is die ongemaklike vraag: watter een van daardie twee is jy?

Die Britse pastoor, dr. Tayo Adeyemi, stel dit so: Jy is óf ’n seën óf ’n las, ’n bate óf ’n laspos, ’n probleemoplosser óf die probleem self – die keuse is joune.

Ek en jy kan dadelik hulle gesigte voor ons sien: die energie-gewers en die energie-vrate. Trots verander ons in ’n las. Nederigheid verander ons in ’n seën.

Jakobus 4:6 Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges maar aan nederiges gee Hy genade.”

Trots is nie sommer net ’n slegte gewoonte nie; dit laat jou reguit in God vasloop. Wanneer ek en jy dink ons is belangriker as wat ons is, wanneer ons allerhande dom dinge uit arrogansie begin doen, stoot ons mense af. En die ergste van alles is dat God self ons teëstaan.

Maar nederigheid werk anders. Dit beteken nie jy moet maak asof jy vir niks deug nie. Dit beteken bloot jy kyk met “gesonde oordeel” na jouself. Jy besef dat jou talente van God af kom en daar is om ander te dien, nie jou eie ego nie.

Wanneer jy ophou om die kollig te soek en net eenvoudig begin om mense te seën, gebeur iets pragtigs: God se genade begin vloei, en mense waardeer jou stil-stil. 

Vra daarom vandag vir die Heilige Gees: In watter situasies dink ek dalk meer van myself as wat ek behoort te dink? Hou dan op daarmee. Kies om meer te luister, minder te spog, en te help sonder dat jy ’n applous nodig het.

Want die waarheid is eenvoudig: ’n trotse mens word deur God teëgestaan. ’n Nederige mens is tot groot seën.

Dit is God se woord...vars...vir jou...vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY