
Send us Fan Mail
1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV)
Ek voel vandag so ‘n bietjie af. Die lewe kan partykeer wroeging veroorsaak. Sommige dae voel ons seker almal so ‘n bietjie tam en sonder hoop. Dit is ‘n dag wanneer jy met moeite die een voet voor die ander sit, of wanneer jy stres en spanning, wat buite jou beheer is, ervaar. Wat doen ons daaraan?
Ek is geseën met die wonderlikste "werk" in die wêreld, as ek dit so kan noem. Ek doen daagliks werk wat my met absolute vreugde vervul, wanneer ek, 365 dae per jaar, die goeie nuus van Jesus met jou en mense wêreldwyd deel. Dis waarvoor ek gemaak is.
Maar sommige dae voel ek ook sommer mistroostig. Miskien is ek 'n bietjie van stryk af; ek ervaar spanning as gevolg van my kleindogter se stryd teen kanker en soms ook as gevolg van die skryf- en produksie-sperdatums van die FRESH-boodskappe. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is absoluut versot op wat ek doen, maar die lewe is nie aldag vir my en vir jou maklik nie.
Ons het die afgelope paar dae gepraat oor die wonder en die vreugde van die opstanding van Jesus Christus. En met Paassondag net twee dae gelede, behoort ons tog nog steeds daardie vreugde te ervaar, nie waar nie? Maar hoe verbind jy dit met die realiteite van jou lewe, al die dinge waarmee jy vandag te doen het?
1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV)
Wanneer jy in Hom glo, gee Christus se opstanding jou 'n oorvloedige gawe; 'n kwytskelding, 'n nuwe lewe om van nou af te leef ... te leef tot in ewigheid. En dit, my vriend, is die geheim: want... Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het.
Te midde van alles wat in jou lewe aangaan, kan jy vashou aan daardie hoop. Dit leef elke minuut van elke dag in jou hart. Dit sterf nooit, want in Christus is dit 'n lewende hoop.
En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY