Haat Alles wat Verkeerd Is
20 January 2026

Haat Alles wat Verkeerd Is

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Romeine 12:9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 

Is dit nie uiters ontstellend wanneer diegene met mag korrup is nie? Dis so verkeerd! Die onskuldiges kry swaar omdat die mense wat veronderstel is om hulle te beskerm en vir hulle te sorg, korrup is. Die klein mensies – die armes en die behoeftiges is die mense wat die meeste ly onder die magsbehepte leiers. Dis wat reg onder ons neuse besig is om te gebeur. En nou is die versoeking daar om die leiers te haat, eerder as om die sonde wat hulle doen, te haat.

Jacques Lusseyran was 'n blinde tiener toe die Nazi's Frankryk beset het. Hy het by die weerstandsbeweging aangesluit en gehelp om 'n geheime netwerk te lei wat ondergrondse koerante versprei het. Hy is egter verraai en na die Buchenwald-konsentrasiekamp gestuur. Daar het hy geweier om toe te laat dat die haat wat hom omring, sy siel vergiftig.

Hy het, ten spyte van sy gebrek, sy medegevangenes aangemoedig om positief te bly en geweier om die wagte te haat. "Haat," het hy later geskryf, "verblind ons meer as enige blindheid." Hy kon sien wat baie siende mense nie kon sien nie: dat die kwaad weerstaan moet word en dat mense steeds liefgehê moet word.

Kom ons kyk weer na:

Romeine 12:9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.

Hoe fassinerend. Hier lees ons in die Bybel, van liefde en dit wat sleg is, alles in een asem. As dit nie vir die eerste deel was nie – Die liefde moet opreg wees – sou dit maklik gewees het om die tweede deel – dit wat sleg is – te interpreteer as 'n lisensie om mense te haat.

Maar dis glad nie korrek nie. Ja, ons weet, die kwaad moet weerstaan word. Maar die mense moet steeds liefgehê word.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY