Skip to content
Opens in a new window
God se Uitnodiging
16 November 2026

God se Uitnodiging

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Jesaja 1:18 Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi julle sal wit word soos wol. 

Hoe sal jy voel as jou hele digitale geskiedenis môreoggend skielik uitlek—elke boodskap, Google-soektog, laataand-dinge en dinge wat jy skelm gekyk het. Geen tyd om jouself te verdedig nie. Geen verduidelikings nie. Net jy, kaalvuis voor die hele wêreld. Skrikwekkend, nè? Want elkeen van ons het dinge in ons verlede wat ons hoop nooit die lig sal sien nie. 

Mense loop deesdae beraders se drumpels deur - nie oor wat van buite af met hulle gebeur nie, maar oor wat binne-in hulle aangaan. Skuldgevoelens, skaamte, spyt, geheime kompromieë, dinge wat hulle wens hulle kon uitvee. Ons is nie gemaak om met so ’n las van skuldgevoelens rond te loop nie. Dit wurg jou stadig maar seker dood. Maar kyk watter uitnodiging is daar in:

Jesaja 1:18 Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.

Hierdie is nie die stem van ’n regter wat net wag om jou te vonnis nie. Dis die stem van ’n Pa wat jou uitnooi na ’n gesprek wat jy eintlik wil vermy, maar bitter nodig het. God sien die vlek. Hy noem dit op sy naam. Maar dan doen Hy die ondenkbare—Hy bied aan om dit heeltemal weg te neem. 

Ons probeer so gereeld om onsself reg te ruk deur selfverbetering, selfdissipline en selfvergifnis. Maar nie een van hulle werk nie. Jy kan nie jou eie hart skoonwas nie. Jy kan nie die geskiedenis herskryf nie. Maar aan die kruis het Jesus nie net jou sonde bedek nie; Hy het dit gedra. Só vee God dit uit. Heeltemal. Vir altyd. Permanent. 

Dis God se woord...vars...vir jou...vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY