Send us Fan Mail
Lukas 11:35 Pas dus op dat die lig in jou nie donker is nie.
Het jy al ooit teruggedink aan 'n besluit wat jy geneem het wat op daardie oomblik reg gevoel het? ‘n Besluit waarvan jy absoluut seker was dat dit reg was, maar later - in die lig van die gevolge daarvan - gedink het: "Hoe het ek dit nie raakgesien nie?" Dit is die probleem met blinde selfvertroue - dit voel mos reg. Dit voel soos lig.
In 1986 het NASA die ruimtependeltuig Challenger gelanseer; ten spyte van waarskuwings van verskeie ingenieurs. Die bestuurders was onder druk om by die skedule te hou en het hulself oortuig dat die risiko aanvaarbaar was. ‘n Paar sekondes na lansering het die pendeltuig ontplof. Dit was nie onkunde nie, dit was misplaaste selfvertroue.
Jesus het teen dieselfde gevaar gewaarsku:
Lukas 11:35 "Pas op dat die lig in jou nie duisternis word nie."
Jesus praat van ons oë as lampe. Wanneer ons perspektief suiwer is, stroom die lig sommer in. Maar wanneer trots of selfgeregtigheid in die pad kom, dan word wat vir ons goed voel, ‘n groot gemors.
Ek verstaan dit maar alte goed. Jy seker ook? Hoe dikwels het ons almal nie al met minder suiwer motiewe sommer ‘n besluit geneem en alles daardeur verongeluk nie? En hoeveel skade het dit nie elke keer veroorsaak toe ons dit gedoen het nie? ‘n Mens sou dink ons sou teen hierdie tyd al geleer het, nie waar nie?
Pas op! Moenie die lig ín jou, duisternis laat word nie.
Vra God dus vandag om jou innerlike "lig" te toets. Is jou motiewe nederig of selfsugtig? Is jou selfvertroue in die waarheid geanker, of in jou ego? Want regte Lig verblind nie -dit openbaar. En slegs Christus se Lig kan jou wys wie jy werklik is.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY