Send us Fan Mail
Job 37:5-6 Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie. Hy beveel die sneeu om op die aarde te val; die reëns val, stortreëns wat getuig van sy krag.
Wanneer jou hele wêreld uitmekaar spat — wanneer verlies, pyn of onreg jou op die puinhoop laat sit — is dit regtig moeilik om enige spoor van God se krag of teenwoordigheid raak te sien. En die vraag skree in jou agterkop: As Hy dan so magtig is, hoekom het Hy dit nie gekeer nie.
Ons lees in die Ou Testament van Job — ’n goeie, regverdige man wat God geëer het. En toe verloor hy alles: sy rykdom, sy kinders, sy gesondheid. Al wat sy vriende vir hom gehad het, was leë teologie, en sy vrou het gesê hy moet maar net handdoek ingooi. Tog, te midde van al daardie verwoesting, verwerping en totale eensaamheid — met ’n hart wat pyn en ’n liggaam wat ingee … het Job opgekyk en uitgeroep:
Job 37:5-6 Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie. Hy beveel die sneeu om op die aarde te val; die reëns val, stortreëns wat getuig van sy krag.
Hoe sien ’n mens so iets raak? Net deur geloof wat deur swaar tye gelouter is. Job se hele wêreld het platgeval, maar sy begrip van God het net groter geword. Op een of ander manier het hy besef dat God se krag nie oor ons gemak gaan nie, maar oor sy getrouheid — oor die feit dat selfs wanneer alles in duie stort, Hy steeds die hele wêreld beheer.
Natuurlik is dit maklik om aan God se krag vas te hou as die son skyn. Dis ’n heel ander storie wanneer die storm losbars. Maar dít is waar egte geloof deurbreek — nie wanneer die probleme sommer net verdwyn nie, maar omdat jy besef dat die Een wat die donderslae en bliksemstrale beveel, sy vrede in jou hart fluister.
So, as jy vandag in sak en as sit, kyk op. Dieselfde God wat die bliksemstrale beveel, hou jou steeds vas — en sy krag is meer as genoeg om lig in jou donkerste nag te bring.
Dit is God se Woord...Vars...vir jou...vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY