
Send us Fan Mail
Spreuke 11:13 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim.
Skinder en stories oorvertel, is so oud soos die berge self! Dit is in die Bybel waar ons hoor dat dit reeds in die Tuin van Eden al voorgekom het. Ja, die oorvertel van geheime en onwaarhede oor ander mense is een van die grootste versoekings van die mensdom. Die slang in die Tuin van Eden het dit afgeskop deur die waarheid oor God te verdraai om vir Adam en Eva die groot leuen oor hul Skepper te vertel.
Anne Boleyn, die tweede vrou van Koning Hendrik VIII, was die teiken van hofdienaars en politieke mededingers wat jaloers was op haar invloed. Hulle het om die hoekies gefluister en haar belaster; hulle het haar van egbreuk, bloedskande en heksery beskuldiging en die nuus vinnig versprei.
Alhoewel dit absoluut onwaar was, is dit gebruik om 'n saak teen haar te bou. Sy is in die Toring van London onthoof. Met haar wrede dood, is dinge in Engeland gedestabiliseer, die troonopvolging is radikaal verander en daar het politieke onrus ontstaan.
Hoeveel mense se loopbane, reputasies en lewens is deur die eeue heen verwoes deur ydele of kwaadwillige skinderstories? Daar moet sekerlik miljoene van hulle wees. Dis nogal iets om oor na te dink, voordat jy volgende keer in die versoeking kom om deel te neem aan ‘n skynbaar onskadelike ou skinderstorietjie.
Spreuke 11:13 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim.
Jy mag baie populêr voel wanneer mense om jou saamdrom terwyl jy 'n sappige skinderstorie oordra. Hulle mag dalk in hulle noppies wees wanneer hulle 'n vuil geheim hoor. Maar pasop! Hulle sal jou nooit weer vertrou nie, want hulle weet nou dat jy net so maklik oor hulle ook kan skinder!
Skinder mag dalk onskuldig lyk, maar dit dra die krag om mense se lewens te vernietig. Skinder is die duiwel se radio; moenie sy platejoggie wees nie!
Mense wat geheime oor ander vertel, kan nie vertrou word nie. Diegene wat vertrou kan word, se geheime gaan na hulle graf.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY