
Send us a text
Johannes 15:20-21 Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde ter harte geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem. Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.
Verwerping is een van die pynlikste dinge wat ons ooit kan deurmaak, want ons is gemaak om liefgehê en gekoester te word. Ons is sosiale wesens wat gemaak is om deel te wees van 'n gesin; ‘n familie; deel van 'n gemeenskap. Ja, verwerping kan verwoestend wees, maar dit is nie die einde nie. Verwerping hoef ons nie te definieer nie. Dit hoef ons nie te keer om ‘n vervullende lewe te lei nie.
Harriet Tubman is in 1822 in Dorchester County, Maryland in die VSA gebore. Sy is as leier deur die samelewing verwerp. Hulle het haar geminag oor haar ras, en ook die feit dat sy ‘n vrou is.
Nadat sy uit Maryland ontsnap het, het sy keer op keer teruggekeer om meer as sewentig mense wat gevange was, via die smokkelroete, bekend as die "Ondergrondse Spoorweg," te red. Sy het haar lewe gewaag en dertien keer teruggekeer, deur geheime roetes en veilige huise in Pennsilvanië en Kanada te gebruik.
Haar moed en geloof het vir Harriet 'n blywende simbool van vryheid gemaak. Sy inspireer steeds vandag bewegings vir geregtigheid. Jesus het verwerping só aan sy dissipels verduidelik:
Johannes 15:20-21 Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde ter harte geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem. Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.
Mense sal julle verwerp omdat julle in Jesus glo; omdat julle weier om deel te neem aan die boosheid van hierdie wêreld; omdat julle liefde betoon te midde van haat. Hulle het dit aan Jesus gedoen, hulle sal dit ook aan julle doen.
Volg Jesus in elk geval. Leef ten spyte van verwerping ‘n betekenisvolle lewe.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY