Skip to content
Opens in a new window
Die Tuin en Die Heuwel
25 October 2026

Die Tuin en Die Heuwel

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Lukas 22:42-44 “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” 'n Engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. Hy het in doodsangs geraak en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val. 

Gehoorsaamheid klink maklik totdat dit jou iets kos. Dis een ding om vir God “ja” te sê as jou lewe veilig voel - maar dis  heeltemal ’n ander storie as sy roeping totale oorgawe vra.

In 1519 het die Spaanse ontdekkingsreisiger Hernán Cortés met elf skepe en honderde manne in Meksiko aangekom. Omdat hy bang was dat sy bemanning teen hom sal draai of dat hulle sal probeer terugdraai, het hy iets skokkends gedoen - hy het sy eie skepe aan die brand gesteek. Daar was dus geen hoop om terug te gaan nie. Sy manne moes vorentoe.

Nou ja, Cortés was nie ‘n Christen nie, maar sy onwrikbare besluit wys vir ons presies hoe oorgawe lyk: gehoorsaamheid sonder ’n agterdeur. Gehoorsaamheid in God se koninkryk vra altyd daardie tipe moed - die bereidheid om Hom te vertrou selfs wanneer elke stukkie vrees in jou skree: Draai om!

In die tuin van Getsemane, die aand voor sy kruisiging, het Jesus in absolute angs gebid.

Lukas 22 vers 42 tot 44 lees: “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” 'n Engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. Hy het in doodsangs geraak en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val.

Daardie gebed het die geskiedenis verander. Uit die tuin van oorgawe het die heuwel van opoffering gekom - en deur dít, ons redding. Gehoorsaamheid kos altyd iets: jou tyd, jou trots, jou gemak of jou beheer. Maar dít wat jy prysgee, is nooit méér as dit wat God in die plek daarvan gee nie.

So, as Hy vandag vir jou vra om te laat gaan, om te vergewe, om vrygewig te wees, of om ’n stap van geloof te neem - moenie huiwer nie. Steek die skepe aan die brand. Want gehoorsaamheid is die poort na vreugde, en oorgawe is die grond waarin seën groei. Wanneer jy vir God “ja” sê, verloor jy nooit nie - jy ontdek bloot wat regtig saak maak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY