Skip to content
Opens in a new window
Die Outomaat-god
11 September 2026

Die Outomaat-god

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Psalm 37:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. 

Was jy al ooit in die versoeking om God soos ’n koeldrankoutomaat te behandel? Jy gooi ’n gebed in, druk die regte knoppie – gesondheid, sukses of geluk – en wag dat jou seën uitval. Maar wanneer dit nie gebeur nie, raak jy sommer gefrustreerd. Is dit regtig waaroor geloof gaan?

Charles Colson, destyds een van die magtigste manne in die Nixon-Withuis, was bekend as die president se "laksman" – die meedoënlose politieke handlanger wat die president se vuilwerk moes doen en teenstanders sonder enige gewetenswroeging moes uitskakel. Hy was ambisieus en het homself as onaantasbaar beskou. Maar toe die Watergate-skandaal die leegheid van sy sukses blootgelê het, het hy voor Christus op sy knieë geval en sy lewe aan Hom oorgegee.

In die tronk het hy ’n vreugde ontdek wat hy nog nooit vantevore geken het nie. Hy het ’n bediening dwarsdeur die wêreld begin wat hoop sou bring aan talle gevangenes. Dít wat in skande begin het, het verander in ’n getuienis van God se transformerende genade.

Psalm 37:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

Dawid het hierdie psalm geskryf wat wys dat die sukses van goddelose mense vinnig verdwyn, maar dat mense wat op God  vertrou, blywende vrede kry. Dit is nie 'n belofte dat God vir ons alles sal gee wat ons wil hê nie. Dit is eerder 'n uitnodiging om Hom toe te laat om ons begeertes te verander.

Wanneer ons regtig ons vreugde in die Here vind – wanneer Hy ons middelpunt en ons geluk is – dan gee Hy nie net wat ons vra nie. Hy verander ons wense en gee vir ons selfs beter uitkomste as wat ons kon dink.

So, as jou gebede en behoeftes vandag onbeantwoord voel, is dit miskien omdat God jou hart wil verander, en nie sý plan nie.

Fokus eers op Hom … en jy sal agterkom dat dít wat jy die hele tyd wou gehad het, net hier is: dis Jesus self.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 


Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY