Send us Fan Mail
Psalm 50:21 “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan!
Waarom is ons sulke ‘experts’ as dit kom by verskonings om ons eie slegte gedrag te regverdig? Ons verloor ons humeur – wel, ‘dis hulle skuld.’ Ons skinder – wel, net omdat ons ‘besorg’ is. Ons ignoreer iemand se hulpkreet – net omdat ons ‘te besig’ is. Dis verstommend hoe maklik ons dinge, wat ons in ons harte weet verkeerd is, kan probeer regverdig.
Dis 'n bietjie soos in 'n huwelik, wanneer een maat aanhou verskonings maak. “Ek wou nie my humeur verloor nie.” “Jy is te sensitief.” Met verloop van tyd bou daardie klein verskilletjies en irritasies op. En dit veroorsaak bitterheid. Uiteindelik breek die waarheid deur – en dit maak seer. Want verskonings genees nie verhoudings nie. Eerlikheid wel.
Dis presies wat gebeur het toe God sy volk gekonfronteer het. Uiterlik was hulle godsdienstig – hulle het offerandes gebring, samekomste bygewoon – maar hulle lewens het 'n ander storie vertel. En op ‘n dag sê Hy die volgende vir hulle:
Psalm 50:21 “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan!
Hulle het gedink God se geduld beteken dat Hy tevrede is met hulle gedrag. Hulle het gedink sy stilte beteken dat Hy saamstem met hulle lewenswyse. Maar Hy was gereed om rekenskap van hulle te vra. Ja, God het baie geduld. Ja, Hy gee vir ons tyd en kans om self na Hom toe terug te draai. Maar op die ou end, juis as gevolg van sy groot liefde, kom daar 'n einde aan sy geduld. Hierdie genadetyd is nie onbeperk nie.
En God gee ons altyd eers die kans om dít wat ons in ons hart ronddra, self te erken en reg te maak.
So, is daar dalk iets wat jy altyd as verskoning gebruik? 'n Gesindheid, gewoonte of reaksie wat jy vir jouself wil regverdig? Doen jouself 'n guns. Moenie wag totdat God rekenskap vra nie. Neem dit nóú na Hom toe. Want sy goedheid en liefde sal altyd daar wees wanneer jy eerlik is.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY