Skip to content
Opens in a new window
Die Krag om God in Alles te Eer
15 September 2026

Die Krag om God in Alles te Eer

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

1 Samuel 12:24 Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het.

Voel jy soms asof dinge net nie wil uitwerk nie? Daardie tye toe jy gebid het, gehoorsaam was… en niks verander het nie. Wanneer ’n kompromie makliker lyk, stilte veiliger voel, en om moed op te gee aanloklik klink. Jou hart fluister: Waarom moet ek nog aanhou?

In 1555 is Hugh Latimer, die voormalige biskop van Worcester in Engeland, in die tronk gegooi omdat hy tydens Engeland se vervolging van die Protestante die Evangelie verkondig het.

Terwyl hy saam met sy medegelowige, Nicholas Ridley, op die brandstapel gestaan het, kon hy sy geloof versaak en so sy lewe behou het.

Maar, in plaas daarvan het hy terwyl hy besig is om te sterf, uitgeroep: Wees vol moed, meneer Ridley, en staan jou man; ons sal vandag, deur God se genade, ’n kers in Engeland aansteek wat nooit uitgedoof sal word nie. 

Hulle standvastige geloof het ’n nuwe vlaag van hoop geïnspireer onder Engelse gelowiges wat geweier het om bes te gee. Hierdie vasberadenheid het ’n vuur aangesteek wat vandag nog brand.

1 Samuel 12:24: Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het.

Dit is die woorde van die profeet Samuel aan Israel toe hulle weggedraai het van God om op ’n koning te vertrou. Samuel het vir hulle gesê: die krag om aan te hou, kom nie uit vrees of uit ‘n mens se eie wilskrag nie. Dit word gebore wanneer jy onthou hoe getrou God nog altyd was.

Dit is die kern van die saak — dink aan die groot dinge wat Hy vir jou gedoen het. Wanneer gehoorsaamheid te swaar voel, kyk terug. Onthou sy barmhartigheid, sy geduld, sy kruis. Dankbaarheid laat die moed weer opvlam.

So, as dit vandag onmoontlik voel om God te eer, as dit vandag voel asof jy nie kan asem kry nie, hou op spartel en begin onthou. Want dieselfde God wat jou tot hier gedra het … sal jou die res van die pad dra.

Onthou die wonderlike dinge wat Hy vir jou gedoen het.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY