
Send us Fan Mail
Jakobus 1:19-20 My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê. (NLV)
Terwyl daar soveel verdeeldheid in die samelewing is, voel jy soms dat almal praat, maar niemand luister nie. En, kom ons vra mekaar om eerlik te wees: doen jy nie dikwels dieselfde ding nie? Die enigste rede waarom ons stilbly, is net om te dink aan wat om volgende te sê, nie om te luister nie, en ook nie om te probeer verstaan wat die ander persoon sê nie. Pleit jy skuldig?
Jane Addams was gedurende die 19de en vroeë 20ste eeue 'n pionier van sosiale hervorming in Chicago. Sy het haar daarop toegespits om brûe tussen die rykes en die armes te bou. In 'n tyd van intense arbeidsonrus en klassekonflik het sy besluit om nie dadelik kant te kies nie. In plaas daarvan het sy saam met industriële werkers en welgestelde sakeleiers gesit en aandagtig na albei groepe se standpunte geluister, selfs toe beide kante haar wantrou het.
Sy het geglo dat wanneer ‘n mens ernstig en opreg luister, jy die siklusse van geweld en wraakgevoelens kon breek. Alhoewel sy nie al die geweld kon stop nie, het haar benadering genesing en blywende verandering in plaaslike gemeenskappe gebring. Sy het 'n vredemaker geword deur stadig te wees om te praat en vinnig om te luister, en mense se opinie en hul menswaardigheid te respekteer.
Jakobus 1:19 - 20 My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê. (NLV)
‘n Mens hoef nie geniaal wees om dit te verstaan nie, nè? Soos die kliniese sielkundige en skrywer, dr. Henry Cloud, dit stel: soveel konflik verdwyn wanneer iemand voel dat hy “gehoor” word.
Julle moet ander mense ’n kans gee om te sê wat hulle op die hart het. Luister rustig na hulle sonder om hulle te wil doodpraat, sodat die storm stilgemaak kan word voordat dit selfs begin.
Wees gou om te luister, stadig om te praat en stadig om toornig te word. Moenie jou vererg nie, want as jy jou humeur verloor, kan jy mos nie meer daarop ingestel wees om te doen wat God wil hê nie!
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY