Die Eerste van Baie
05 April 2026

Die Eerste van Baie

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

1 Korintiërs 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. 

Christus het opgestaan - Hy leef! Hy het waarlik opgestaan! Dis die vreugdevolle boodskap van Opstandingsondag. Die dood kon Hom nie gevange hou nie. Nee, Hy het uit die dood opgestaan. Maar wat het daardie triomfantlike waarheid vandag met jou en my te doen?

Dis ‘n goeie vraag, want daar is baie mense vir wie Paasfees so ‘n alledaags geword het dat hulle nie meer opgewonde te raak oor die opstanding van Jesus Christus nie – hulle betwyfel selfs of Hy inderdaad opgestaan het.

1 Korintiërs 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. 

So, wat beteken die begrip: "eersteling"? Dink aan 'n koringoes. Die eerste goue are wat vroeg in die seisoen ryp word, word die eerstelinge genoem. Boere juig, want daardie eerste are gee 'n teken dat die volle oes kom. Dit is 'n waarborg -'n voorsmakie van wat gaan volg.

Net soos die eerste koringaar nie die einde is nie, maar die begin, is Jesus se opstanding nie 'n geïsoleerde gebeurtenis nie - dit is die waarborg dat baie sal volg. Net soos die aarde sy oes in ‘n sekere seisoen lewer, sal God almal wat aan Christus behoort, in sy tyd opwek.

Dit is vir ons 'n belofte wat van die begin van die skepping deel van God se verlossingsplan was.

Die opstanding van Jesus is jou teken dat die dood verslaan is, dat jou oes van ‘n opstandingslewe op pad is. Dit gaan dus nie slegs oor die feit dat Jesus vir jou gesterf nie; maar dat Hy weer vir jou opgestaan het, sodat jy deur geloof in Hom ook die gawe van die ewige lewe sal ontvang. Die mag van die dood is verbreek … vir jou!

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY