
Send a text
1 Johannes 3:18 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.
Het jy al daaraan gedink dat elke persoon maar sy eie ou tameletjies het waarmee hy stoei? Die probleem is dat die mens, oor die algemeen, so begaan is oor dít wat homself raak, dat hy selfsugtig fokus op dít wat in sy klein wêreldjie aan die gang is. En weet jy, dis ‘n groot oorsaak van konflik.
Ek het onlangs buite 'n groot woonstelkompleks gestaan en na die vensters en balkonne gekyk. Ek het begin wonder wie in al hierdie woonstelle woon: gesinne, enkellopendes, jonges, oues? En ek het my voorgestel wat moontlik in sommige woonstelle kon aangaan...
Nouja, hierdie ou se salaris is vertraag, en hy moet binnekort sy verbandlening betaal. In die volgende woonstel is daar 'n middeljarige geskeide vrou wat op soek is na antwoorde. Dan is daar die gesin wat pas hul geliefde troeteldier verloor het. En daar is die paartjie met ‘n huwelik wat op die rand van ineenstorting wankel. En hier is die jong student wat gereedmaak vir ‘n belangrike afspraak. En langsaan die jong man wat vasgevang is in 'n sielsvernietigende verslawing.
Jy kan sekerlik jou eie verbeelding gebruik? Elke persoon wat jy ontmoet, het maar sy eie probleempies wat hom kan ontwrig en sy gedrag kan bepaal.
Konflik ontstaan wanneer ons so behep is met ons eie ‘dinge’, dat ons nie ons harte oopmaak en erken dat die ander persoon ook ‘dinge’ aan die gang het nie.
1 Johannes 3:18 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.
So, wanneer iemand die volgende keer 'n bietjie vreemd optree, bewys ‘n bietjie liefde aan hom, en neem sy omstandighede in ag, voordat jy sy gedrag veroordeel. Dit is nie 'n teorieles nie; dit is nie net woorde en praatjies nie...
Nee, jou liefde moet eg wees. Jy moet jou liefde wys deur jou opregte optrede.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY