Wees Elke Keer Vroeg
13 January 2026

Wees Elke Keer Vroeg

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

1 Korintiërs 13:4-5 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, 

Mense verskil! Nie almal heg dieselfde waarde aan dinge nie. Dink net aan tyd – dit beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Sommige mense is baie georganiseerd en is so doelgerig dat hulle bykans elke minuut van hul dag sinvol besig is. Ander, nie soseer nie. Ag nou ja, wat ook al. Kom ons vloei maar saam met die stroom af.

Maar kom ons wees realisties. Enige van die twee uiterstes, is 'n slegte ding. Iemand wat oor-georganiseerd is, sal dikwels nie tyd maak om verhoudings te vorm en te onderhou nie. Hulle is te besig om dinge gedaan te kry. En dié een wat ongeorganiseerd is, kry gewoonlik glad nie veel gedaan nie.

Ja, dit werk maar so: hoe meer tyd ons aan die bou van verhoudings bestee; veral as dit kom by hóé ons die tyd in hul geselskap gebruik; hoe groter kan dit ‘n impak op die respek (of gebrek daaraan) hê.

So, kom ons fokus vandag op een praktiese manier om ons liefde en respek vir ‘n ander persoon te toon.

1 Korintiërs 13:4-5 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie,

Ek wil daardie laaste stukkie beklemtoon – liefde soek nie sy eie belang nie – hy respekteer die ander persoon. Een manier om iemand anders te beledig, is om laat op te daag. Trouens, sommige mense is chronies laat; hulle maak ‘n gewoonte daarvan om ander te laat wag en mors mense se kosbare tyd.

As jy een van hierdie laatkommers is, hoe dink jy laat dit ander voel? Wat dink jy gaan hul houding teenoor jou wees? Een van respek? Ek twyfel daaraan!

Wanneer ons chronies laat is, onteer ons diegene rondom ons. Stiptelikheid is een eenvoudige manier om liefde, bedagsaamheid en nederigheid te toon. Maar weet jy, om elke keer vyf minute vroeg daar te wees, sê vir mense dat jy hulle waardeer. En daardie paar minute verdien hulle respek.

Liefde is 'n werkwoord. Dit gaan oor dinge wat ons doen. En liefde onteer nie ander nie. Wees elke keer eerder vroeg.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY