Wees Bereid om 100% te Gee
11 December 2025

Wees Bereid om 100% te Gee

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Galasiërs 2:19-20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. 

Hoe gewillig is jy om ‘n kortpad te kies wanneer dit kom by die dingetjies wat jy elke dag moet doen; jou werk, of die versorging van jou kinders, of wat ook al jou spesifieke verpligtinge is. Sien jy 'n geleentheid en dink jy: Ek wonder of ek daarmee kan wegkom?

In 1986, by die Tsjernobil-kernkragsentrale in Oekraïne, het ingenieurs 'n toets op Reaktor No. 4 uitgevoer om kragverlies te simuleer. Om die spoed van die proses te verhoog, het hulle ‘n kortpad gekies: hulle het die belangrikste veiligheidstelsels gedeaktiveer; hulle het nie die standaardprosedures gehoorsaam nie en die waarskuwingstekens geïgnoreer.

Die proses het inderdaad vinnig plaasgevind. Binne sekondes het die reaktor ontplof. Twee werkers is onmiddellik dood; dosyne van die nooddienswerkers is aan stralingsiekte dood; meer as 300 000 mense is ontwortel en daar was wydverspreide langtermyn-gesondheidseffekte, insluitend kanker, geboortedefekte en geestesversteurings. Alles omdat mense kortpaaie geneem het!

'n Hele klomp mense in hierdie wêreld bely dat hulle in God wat sy Seun, Jesus, na hierdie wêreld gestuur het, glo. Maar kom ons wees eerlik, om Jesus te volg en om ons lewens te leef soos Hy syne geleef het, is harde werk. En met die gevolg dink baie mense by hulleself: waarmee kan ek wegkom? Watter kortpaaie kan ek vat? Die apostel Paulus, se houding is heeltemal anders:

Galasiërs 2:19-20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

Jy sien, Paulus was bereid om 100% te gee. Wat is jou ingesteldheid? Wil jy voortdurend kortpad kies, of is jy 100% oorgegee?

...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY