Skip to content
Opens in a new window
Wanneer Geld dit Nie kan Regmaak Nie
09 October 2026

Wanneer Geld dit Nie kan Regmaak Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Markus 8:36-37 Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? Wat sal 'n mens kan gee in ruil vir sy lewe?

Sê my: het geld al ooit werklik daardie diep behoefte ín jou vervul, daardie een ding wat diep binne-in knaag? Jy koop uiteindelik die ding wat jy begeer, betaal die skuld af, kry die werk … en vir 'n rukkie voel dit wonderlik. Maar dan sluip daardie stil leegheid weer in. Jy begin wonder: Is dit al wat daar is?

Steve Jobs, die mede-stigter van Apple, het beslis die wêreld deur tegnologie verander, en sakke vol geld gemaak daarby! Tog het hy naby die einde van sy lewe, terwyl kanker sy liggaam oorgeneem het, geskryf dat rykdom net 'n klein deeltjie van die lewe kan vul, en dat ware geluk nie uit sukses kom nie, maar uit liefde en ‘n lewensdoel.

Die Kanadese entrepreneur Scott D. Clary het tot 'n soortgelyke gevolgtrekking uitgekom. Sy boodskap lui: Geld los net geldelike probleme op.  Dit is al. Nie probleme met geluk nie. Nie verhoudingsprobleme nie.  Dit gee nie betekenis nie. Die meeste mense verwag dat geld al jou probleme sal oplos, terwyl dit letterlik net een enkele soort probleem kan oplos – dié een van geld!

Markus 8:36-37 "Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? Wat sal 'n mens kan gee in ruil vir sy lewe?"

Ja goed, geld kan die lewe makliker maak. Maar dit kan nie skuldgevoelens genees, of vrede herstel, of die leegheid vul wat sukses agterlaat nie. Want wat jou hart werklik verlang, is nie méér nie - dis Jesus. En sodra jy Hom het, besef jy jy het reeds alles.

Geld kan nie jou probleme oplos, die leegte vul of jou wonde genees nie. Net Jesus kan.

Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? Wat sal 'n mens kan gee in ruil vir sy lewe?"

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY